Ek het die webwerf ondersoek, wat is nou volgende?

Stap 1: Voltooi die aansoekvorm onder "Doen nou aansoek", om jou onderhoud te reel

Kontak ons of een van ons onderhoudvoerders in jou area om 'n datum en tyd te bespreek vir jou werksonderhoud mits:

  • Jy tussen 19-29 jaar oud en volwasse is.
  • Jy Engels goed praat en verstaan.
  • Jy werksondervinding het.
  • Jy in besit is, of aansoek gedoen het vir 'n Suid Afrikaanse paspoort.
  • Jy geen dwelms gebruik nie en nie verslaaf aan alkohol is nie.
  • Jy nie bang vir harde werk of vuil hande is nie.
  • Jy wil werk, reis en plesier hê in Amerika.
  • Jy onafhanklik en avontuurlustig is. 

Stap 2: Onderhoud

Na jou 45 minute in persoon werksonderhoud, sal jy binne 10 tot 15 werksdae in kennis gestel word of jou werksaansoek suksesvol was, al daar nie asook wat die volgende stap sal wees.

Stap 3: Betaal jou visa koste

Sodra en mits jy deur ons goedgekeur is, sal jou visa betaling van $190 (ongeveer R3 000) verskuldig en betaalbaar wees, waarna ons die proses vir jou sal begin. Wanneer dit gedoen is weet ons dat jy daartoe verbind is en kan ons voortgaan.

Stap 4: Woon orientasie by en teken jou kontrak

Jy sal 'n verpligte orientasie sessie moet bywoon om jou voor te berei vir jou werk, vlug en verskeie reels wat jy sal moet nakom in Amerika gedurende jou kontrak periode daar. Hierdie orientasie is 'n baie insiggewende sessie en 'n belangrike hulpmiddel sodat jy die beste kan maak van jou oorsese werkskontrak.

Stap 5: Konsulaat afspraak

Ons sal jou konsulaat afspraak bespreek sodat jy jou werksvisa kan bekom. Wanneer jy jou visa ontvang is jy "A FOR AWAY" so gaan pak jou tasse!!

Stap 6: Reis versekering

Kies opsionele reis versekering wat jou sak en verwagtinge sal pas.

Stap 7: Vlieg

Ons groepe vertrek vanaf Johannesburg waar jou werksavontuur in Amerika begin.
Meeste groepe vertrek Februarie, Maart en April.