F.A.Q.

Q) Hoeveel sal ek verdien?
A) Afhangende van by watter werkgewer ons jou plaas, en in watter staat, sal jy 'n minimum loon van ten minste $330 gemiddeld per week verdien. Dit is ongeveer R20 000 per maand, afhangende van die wisselkoers. Belasting en standaard aftrekkings word outomaties van jou salaris afgetrek. Die belasting wissel van staat tot staat.
Q) Wat sal my lewenskoste wees in Amerika?
A) Na die duisende rekrute wat ons in Amerika geplaas het, bevind ons dat $70 tot $80 per week, vir jou gesonde kos en drinkgoed sal koop en ook jou wasgoed uitgawes dek.
Q) Moet ek enige geld in 'n bank rekening oorplaas, as waarborg om oorsee te gaan?
A) Nee, dit is definitief nie nodig nie.
Q) Hoeveel geld kan ek spaar?
A) As jy nie te veel partytjie hou nie en 'n gemotiveerde persoon is, wat wil geld spaar, kan jy tussen $150 en $200 per week spaar. (Dit is ongeveer R9 500 per maand). Ons hoor van rekrute wat tussen R40 000 tot R80 000 per jaar spaar. As jy te veel partytjie hou en baie spandeer sal jy natuurlik nie soveel kan spaar nie.
Q) Moet ek 'n mediese ondersoek ondergaan by 'n Away2Xplore geafilieerde dokter op my eie onkoste?
A) Nee, jy hoef nie! Amerikaanse visa regulasies benodig nie dat jy enige mediese onkostes moet dra om Amerika te besoek nie.
Q) Hoe vergelyk die Amerikaanse loon met die Suid Afrikaanse standaarde?
A) Om n vergelyking te kan doen, moet jy jou totale pakket in ag neem. Jou Amerikaanse werkgewer betaal al jou reis en ander uitgawes, wat meer as $3 000 beloop, om jou daar te kry. Jou geborgde verblyf is gratis, of baie goedkoop. Wanneer jy alles bymekaar tel, insluitende jou voordele, (soos water, ligte en vervoer na jou werk toe) is jou ware inkomste meer as R20 000 ($1 419) per maand. In vergelyking met baie Amerikaners wat minimum loon verdien en gewoonlik nie goedkoop of gratis vervoer of verblyf by hulle werk kry nie, sal jy in staat wees om baie meer as hulle te kan spaar.
Q) Het ek spesiale kwalifikasies nodig vir hierdie werk?
A) Nee, 'n graad 10, 11 of matriek sal doen as n kwalifikasie. 'n Bietjie werk ondervinding sal jou kanse verbeter om goedgekeur te word.
Q) Kan ek steeds aansoek doen alhoewel Engels nie my huistaal is nie?
A) Jy kan aansoek doen, maar ons benodig dat jy goed kan Engels praat en verstaan.
Q) Wat van my visa aansoek?
A) Nadat ons jou aanvaar het en jy die orientasie sessie bygewoon het, sal ons vir jou 'n afspraak reel by die Amerikaanse konsulaat. Ons sal jou help met die papierwerk en jou voorberei vir die konsulaat onderhoud, sodat jy jou werk visa so gou as moontlik kan kry.
Q) Hoe lank is my kontrak?
A) Jou kontrak is gewoonlik tussen 5 en 10 maande, afhangende van watter maand jy vertrek en by watter werkgewer jy werk. Jy sal gewoonlik in die VSA werk tot die einde van die somer seisoen, wat normaalweg in November is.
Q) Wanneer kan ek aansoek doen vir 'n onderhoud?
A) Jy kan NOU aansoek doen by 'n verteenwoordiger van Away2Xplore in jou area, vir 'n verpligtingvrye onderhoud. (Dit beteken jy het nie nodig om te betaal vir die onderhoud nie).
Q) Wanneer kan ek gaan?
A) Ons groepe vertrek vanaf Johannesburg vroeg in die nuwe jaar, maar die poste word vinnig gevul. Moet dus nie te lank wag voordat jy aansoek doen nie.
Q) By watter park sal ek geplaas word en watter roete sal ek volg?
A) Daar is reisende pretparke regdeur Amerika, almal met verskillende roetes. Jy sal geplaas word by'n park wie se behoeftes die naaste pas by jou persoonlikheid en ondervinding en in 'n groep waar jy die beste sal pas. Ons sal slegs vir jou 'n aanduiding kan gee van jou roete by die orientasie sessie. Plasing by 'n spesifieke of verkose pretpark kan nie altyd gewaarborg word nie.
Q) Wat eet ek en wie doen my wasgoed?
A) Alhoewel verblyf voorsien word, is jy verantwoordelik vir jou eie etes. Daar is genoeg spasie in jou slaaplokaal vir 'n klein yskas en mikrogolf. Hierdie items kan meestal in die VSA gekoop word vir minder as $80 elk. Hierdie koste kan gedeel word tussen 2 of 4 mense. Jy sal voorsien word van 'n geleentheid dorp toe, gemiddeld een keer per week om kos te koop. En ja, jy is verantwoordelik om jou eie wasgoed te doen.
Q) Is daar enige ander kostes?
A) Reisversekering is opsioneel, maar word sterk aanbeveel en is beskikbaar aan jou teen 'n lae koste. Jy moet ook sakgeld saamvat vir die eerste 10 dae of so, ± $200 sal doen as 'n minimum.
Q) Kan ek saam met my metgesel of vriende gaan?
A) Dit is meestal vir ons moontlik om jou met jou metgesel of vriend te plaas. Plasing met jou vriende kan nie altyd gewaarborg word nie, alhoewel ons, ons beste doen om jou te akkommodeer.
Q) Ek het n vraag van my eie!