Ons het gedurende die afgelope 20 jaar, duisende jong Suid Afrikaners oorsee gestuur, om by reisende pretparke orals in Amerika te werk. Deur ons, betaal die gekose Amerikaanse werkgewers jou retoer kaartjie, werkspermit en ons program fooie! Ons borg al vanaf 2002 die reis kostes, wat dit bekostigbaar maak vir duisende Suid Afrikaners om werk oorsee te verkry en dollars te verdien, terwyl hulle die avontuur van hulle lewe het!
Ons landswye onderhoudvoerders staan gereed om jou te help.
* Bepalings en voorwaardes geld
Moenie net droom nie, DOEN dit!
Pretparke verskaf vermaak aan oud en jonk. In elke park sal jy opwindende ritte vind soos "roller coasters", "big wheels" en stampkarre, om maar 'n paar op te noem. Daar is ook kos stalletjies wat "corn dogs", hamburgers, toffie appels en "funnel cakes" verkoop. Daar sal ook stalletjies wees met speletjies. Jy sal werk en reis met talle mede Suid Afrikaners, in groepe wat wissel van 30 tot 100, sommige wat al daar werk vir 2 jaar of langer. Die parke of karnavalle (soos hulle ook bekend staan), gons altyd van bedrywighede met musiek wat speel en ligte wat flits tot laat in die nag. Elke park verskuif gemiddeld een maal per week na 'n ander dorp. Die lewe in 'n pretpark is nie 'n Hollywood fliek nie, maar steeds baie opwindend en prettig.
Werk Oorsee is n professionele werwing maatskappy wat sy deure in 2002 oopgemaak het. Ons voorsien oorsese werk kompleet met gratis vliegkaartjie, wat dit bekostigbaar en moontlik maak vir jou om oorsee te gaan werk. Jou vliegkaartjie is gratis, want ons Amerikaanse werkgewer betaal daarvoor. In ruil daarvoor is jy verplig om jou werk kontrak te voltooi. Ons het 'n landswye span van professionele onderhoudvoerders wat jy in jou area kan besoek vir 'n verpligting vrye onderhoud. Ons werk in Amerika vereis buigsame personeel wat bereid is om lang onreëlmatige ure te werk.
Oor die afgelope 20 jaar het ons duisende jong Suid Afrikaners in pretparke reg oor Noord Amerika en Kanada geplaas. Baie van ons rekrute keer terug na die Amerikaanse werkgewers vir 2 ,3 of selfs 4 jaar. Vra ons vir verwysings.
Vir Werk Oorsee, het ons die mees mededingendste pakket saamgestel en gefinaliseer. Kom sien vir jouself. Welkom by die mees avontuurlustige werk van jou lewe. Hoop om jou binnekort daar by ons te sien.
Afhangend van die beskikbaarheid van werk en jou persoonlike kwaliteite en sterkpunte, kan jy dalk by een van die volgende kategoriee inskakel: ritte, rit onderhoud, kos, speletjies of kaartjies. Meeste van die werk in die VSA sluit in die bestuur van opwindende ritte soos "roller coasters", "big wheels", kinder en ander ritte. Lees Meer.