Wie is ons?

Werk Oorsee is deel van Away2Xplore en is in 2002 gestig en het sederdien duisende Suid Afrikaners geplaas by Amerikaanse en Kanadese werkgewers wat seisonale werkers benodig vir 5 tot 10 maande. Vir die laaste 14 jaar was meeste van ons plasings by die VSA se reisende pretparke, waar die werksure lank en onreelmatig is, met min vrye tyd. Deur die jare het ons ook baie rekrute by konsessiehouers geplaas, waar hulle kos hanteer, asook administrasie werkers baie suksesvol geplaas. Baie van ons rekrute het hulself ook bewys by staatskoue waar werk veeleisend is.

Ons hoofkantoor is gebasseer in Midrand (Johannesburg), in die middel van die finansiele distrik van die land. Van hier af koordineer ons die landswye werwing, orientasie, konsulaat afsprake, inkomende en uitgaande vlugte.

Ons is 15 minute vanaf die Johannesburg VSA konsulaat gelee wat baie van ons visas verwerk, ons werk ook met die Durban en Kaapstad konsulate vir visas vir ons Kaap en Natal applikante.

Ons het n netwerk van 12 onderhoudvoerders in Suid Afrika en is goed gevestig en verteenwoordig landswyd. Ons agente is goed opgelei en word op 'n gereelde basis opgedateer met betrekking tot ons nuutste onderhoudstegnieke, orientasies en veranderinge oorsee, soos by voorbeeld visa regulasies. As gevolg van ons goeie reputasie met die werwing industrie, asook die VSA konsulate, sowel as ons verhouding met ons Amerikaanse werkgewers, is ons in staat om geskikte Suid Afrikaners 'n avontuur en werk geleentheid van 'n leeftyd aan te bied.

Ons sien uit na nog 'n avontuur volle seisoen!

Rene Wegkamp