PRETPARK WERK vir Suid Afrikaners, in AMERIKA, Gratis Kaartjie

Deur middel van Away2Xplore sal ons Amerikaanse werkgewer jou reiskostes na, vanaf en in Amerika betaal. Na jou aankoms sal jy daar werk met 'n wettige werk permit wat duur is en moeilik om te verkry. Onthou dat jou werkgewer se werk permit saamgevoeg word  by jou visa.

Om jou in staat te stel om na Amerika toe te reis en daar te werk, betaal en reel jou toekomstige werkgewer jou werk permit, vliegkaartjies na en van Amerika, binnelandse vlug en bus kaartjies, asook jou werwing en orientasie kostes aan Away2Xplore.

Die totale waarde van hierdie Away2Xplore pakket is ongeveer R25 000 afhangende van by watter werkgewer ons jou plaas en waar hulle is.


In ruil daarvoor dat Away2xplore en jou werkgewer al jou reis en program kostes betaal, asook die feit dat ons vir jou 'n volle seisoen se werk visa en werk kontrak verkry het, voel ons dit is regverdig om van jou te verwag dat jy die volle seisoen sal werk en dan betyds sal terugkeer na Suid Afrika toe soos per jou visa en kontrak. Volgens jou kontrak en visa, word jy verbied om in Amerika aan te bly nadat jou kontrak verstryk het, aangesien dit 'n een seisoen pakket en visa is.

Die ooreenkoms: Ons betaal al jou reis en program kostes, jy werk 'n volle seisoen.

Afsluiting: AS dit jou bedoeling is om oorsee te werk, jou hande vuil te kry, 'n bietjie plesier te hê, dollars te verdien en dan terug te keer na Suid Afrika toe, is hierdie die mees bekostigbare pakket met die beste ondersteunings struktuur beskikbaar op die mark. Die kanse is goed dat jy sal wil terugkeer vir nog, soos duisende ander voor jou!

Nog goeie nuus!! Nadat jy teruggekeer het na Suid Afrika toe, mag jy heraansoek doen vir werk in Amerika. Sommige van ons rekrute werk al 2,3 en selfs 4 jaar in 'n ry met ons VSA werkgewers.